Die wedloop word jaarliks ter ere van ‘n stigterslid en ‘n voormalige voorsitter van Hartenbos Drawwers, Ernst Louw, aangebied. Oom Ernst is in Desember 2007 tydens ‘n wedloop op hierdie roete, oorlede.
Hartenbos Drawwers bedank die bestuur van Eden Country Inn op Klein-Brakrivier vir die gebruik van hul fasiliteite en gronde op die wedloopdag.
"Dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van die dag."
Almal wat die wedloop voltooi het, het ‘n medalje ontvang – alles moontlik gemaak deur die Turbo Energy borgskap.
Kategoriewenners wat prysgeld op die dag ontvang het was soos volg:
- Junior mans: 1. Godwin Heyns (Hartenbos Drawwers) - 37:53; 2. Granville Gelant (Temp) - 42:30.
- Junior vroue: 1. Jana Boleslawsky (Hartenbos) - 56:24.
- Ope mans: 1. Elfonso Pieterse (Nedbank ASWD) - 33:31; 2. Elroy Gelant (Temp) - 33:32; 3. Julius Korkee (Mossel Bay Harriers) - 34:52.
- Ope vroue: 1. Annetjie Botes (Nedbank ASWD) - 44:18; 2. Johnene Ralph (Vodacom Kimberley) - 46:50; 3. Cecile Nel (Hartenbos Drawwers) - 47:05.
- Veterane mans: 1. Selwyn Losper (Mossel Bay Harriers) - 35:52; 2. Anthonie Van Bosch (KZN) - 42:44.
- Veterane vroue: 1. Johnene Ralph (Vodacom Kimberley) - 46:50; 2. Maryke Sass (PetroSA Mossel Bay) - 48:16.
- Meester mans: 1. Patrick Rawlins (Outeniqua Harriers) - 47:02; 2. Andre Barnardo (Nedbank ASWD) - 51:25.
- Meester vroue: 1. Annetjie Botes (Nedbank ASWD) - 44:18; 2. Kleintjie Van Schalkwyk (Hartenbos Drawwers) - 48:10
- Groot meester mans: 1. Jan du Toit (Hartenbos Drawwers) - 50:05; 2. Burnett Zaayman (Bonnievale) - 54:10.
- Groot meester vroue: 1. Esther Oosthuizen (Hartenbos Drawwers) - 60:36; 2. Carol Nepgen (Kowie Striders) - 01:17:10.
- Stappers - mans: 1. Gordon Jacobs (Mossel Bay Harriers) - 01:21:44.
- Stappers - vroue: 1. Carol Nepgen (Kowie Striders) - 01:17:10; 2. Santie van Deventer (Hartenbos Drawwers) - 01:17:22
- Eerste Hartenbos Drawwers man: Godwin Heyns 37:53.
- Eerste Hartenbos Drawwers vrou: Cecile Nel 47:05.