MOSSELBAAI NUUS - Willem Lodewyk (24:39) het Hartenbos Drawwers se eerste 2019 weeklikse tydtoetse op Dinsdag, 8 Januarie, goed begin toe hy die 6km in die vinnigste tyd kafgedraf het.
Lodewyk is gevolg deur Carol Groenewald (32:06), Melaina Gross (32:06) en Jacques Schutte (32:35).
Dertien atlete het die 3km-tydtoets afgelê, met Lourens van Zyl (15:10) wat dit in die vinnigste tyd afgelê het. Hy is gevolg deur Kathy Cillié (17:00), Rika Spang (17:17), Tracey van Niekerk (17:20), Hendrika Zimmerman (18:10), Elizabeth Viljoen (18:16), Eugene Nel (18:21), Esther Oosthuizen (19:00), Barend van der Merwe (19:10), Johan Lottering (19:10), Ronel van Zyl (19:17), Hettie Lottering (19:56) en Michele Schermbrucker (19:58).
Die 2km-tydtoets se uitslae is Elsa Kapp (14:58), Glen Opperman (14:58), Ilze Viljoen (15:24), Hennelie van der Westhuizen (15:24) en Alta Beukes (17:04).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'