Die afgelope naweek (Sondag, 15 Mei) het 68 atlete aan Eden-tweekampkampioenskap te Groot Brak deelgeneem.
Tweekamp is die winter been van driekamp, waartydens die swem met hardloop vervang word. Die wedloop begin dan met hardloop waarna die atlete dan op hul fietse klim en eindig met 'n finale hardloop.
Elke afdeling het sy eie afstande. Die Eden-tweekampspan word eersdaags aangekondig, wat die streek by die SA tweekampkampioenskap te Gqeberha op 3 Julie sal verteenwoordig.
Die podiumuitslae was as volg:
Super naelren (super sprint) (2.5km-hardloop, 10km-fietsry, 1.2km-hardloop):
- Mans/seuns: 1. Rainart Heinz Behrens, 2. Lian Otto, 3. Cuan Marshall Wildeman
- Vroue/meisies: 1. Marilie Duvenage, 2. Annabelle McEwan, 3. Mia Botha
Naelren (sprint) (5km-hardloop, 20km-fietsry, 2.5km-hardloop):
- Mans: 1. Sebastian Swart, 2. Jaco Karg, 3. Theo Otto
- Vroue: 1. Esrie Loock-Bezuidenhout, 2. Kirtsy Weir, 3. Liezl Scott
Standaardafstand (10km-hardloop, 40km-fietsry en 5km-hardloop):
- Mans: 1. Mxoleli Tabata. 2. Bonga Nkqintiza, 3. Dehan Nagel
- Vroue: 1. Mellusca Toovey, 2. Beverly Baker, 3. Melissa van Rensburg
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'