EDEN DISTRIK SPORT-NUUS - Eden het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer aan die nasionale dubbelkampkampioenskappe (duathlon) by die Midmar-dam naby Howick in KwaZulu-Natal deel te neem.
Ses atlete uit die Eden-streek het deelgeneem met twee atlete wat medaljes verower het. Christian Hattingh en Rohan Swanepoel het albei derde geëindig in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Die uitslae was as volg:
Seuns 12-13 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop): Hanno Maritz 10de. Josua Vorster kon ongelukkig weens 'n slegte val van sy fiets af nie die resies voltooi nie.
Dogters 14-15 jaar (2.5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1.25 km-hardloop): Linèl Engelbrecht 6de.
Seuns 14-15 jaar (2.5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1.25 km-hardloop): Christian Hattingh 3de.
Seuns 16-17 jaar (5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop): Hano du Plessis 13de.
Senior mans (10 km-hardloop, 40 km-fietsry, 5 km-hardloop): Rohan Swanepoel 3de.
Gerhard Liebenberg, voorsitter van Eden Triathlon, het al die atlete gelukgewens met hul prestasies en sy trots uitgespreek oor hoe goed Eden se atlete op nasionale vlak vaar.
Linèl Engelbrecht het 'n verdienstelike sesde plek behaal.
Christian Hattingh op pad na sy derde plek by die nasionale dubbelkampkampioenskappe (duathlon) by die Midmar-dam naby Howick in KwaZulu-Natal.
Rohan Swanepoel het algeheel derde geëindig in sy ouderdomsgroep.
Die driekampseisoen lê om die draai en Eden-triathlon beplan heelwat plaaslike byeenkomste om die sport onder seniors sowel as skoolkinders te bevorder.
Belangstellendes kan vir Corné Hattingh van Eden-triathlon kontak by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com. Hou ook gerus Eden-triathlon se Facebook-blad dop vir driekamp gebeure.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'