Die geleentheid was vir 2014 se top presteerders in die provinsie. Baie van Hartenbos Drawwers se lede kon dit nie maak nie, maar dié wat daar was het heerlik gekuier tydens die spesiale ontbyt.
Groot was die vreugde toe almal later hul koevertjies oopskeur en besef wat bedoel was met ASWD se 'Aansporingsbonus'.
Hierdie motivering gaan definitief die standaard tussen die klubs in die SWD baie verhoog.
Hartenbos Drawwers wil namens al hul lede die SWD bedank vir die goeie motivering en geleentheid.
Lede wat dit nie kon maak nie was Marietjie de Jager, Ester Oosthuizen, Gerhard en Hettie Fourie, Esca Schoeman, Ferdi Gouws en Leon Adams.

Agter is Hartenbos Drawwers se Jan du Toit, Magda Botma, Lelanè van der Merwe en Kleintjie van Schalkwyk. Voor is Santie van Deventer, Rea Oosthuizen, Regina van Mollendorf en Rinske Vreken.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'