MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwers het verlede Dinsdag 'n baie suksesvolle Terug skool toe-tema tydens hul weeklikse tydtoets gehou.
Die atlete het aangetrek in die gees van die aand en met hulle "skoolklere" gehardloop. Daar was van nerds tot prefekte, 'n hoofmeisie, rasieleiers en 'n skoolhoof.
'n Geborgde snoepie en 'n inkleurkompetisie met gelukstrekkings is na die tyd gehou. Die inkleurkompetisie is veral deur die ouer atlete geniet. Die pryse vir die besgeklede deelnemers het aan Neil Young en Delmari Henning gegaan.
Atlete het skryfbehoeftes saamgebring wat aan die Mossel Bay Advertiser se Oliver Twist-projek geskenk is en aan behoeftige kinders oorhandig sal word.
Die aand het afgesluit met Seesig Motors se kwartaalikse prysuitdeling wat toegeken word aan atlete, veral die junior atlete wat gereeld tydtoetsaktiwiteite bywoon. Hartenbos Drawwers bedank Seesig Motors vir hulle volhoue ondersteuning.
Uitslae
Die uitslae van Dinsdag, 9 Julie, se tydtoetse is:
1km: 1. Noah Gross 07:23; 2. Dian Fourie 08:43; 3. Markus Fourie 09:04; 4. Leah Young 09:49; 5. Johan Viljoen 09:53; 6. Leah Vorster 09:57; 7. Neill Young 16:56.
2km: 1. Glen Opperman 16:02.
3km: 1. Ruben Nel 11:01; 2. Matthys Fourie 11:04; 3. Jacobus Fourie 11:58; 4. Herman Knoetze 11:59; 5. Jandri Snyders 12:06; 6. Barend van der Merwe 16:01; 7. Gerda Young 16:02; 8. Maria Kapp 16:03; 9. Lourens van Zyl 16:03; 10. Leslie Stuart 16:38; 11. James Gross 17:03; 12. Kathy Cillie 17:07; 13. Delmari Henning 17:27; 14. Jaco Barnard 17:33; 15. Annika Snyders 17:56; 16. Steven Phelps 18:37; 17. Anne-Marie van der Merwe 19:04; 18. Ilze Viljoen 19:25; 19. Ronel van Zyl 19:33; 20. Tinkie Mouton 19:35; 21. Brenden De Nobrega 20:54; 22. Marlene Vorster 21:19; 23. Paulinda Greyling 23:56; 24. Christien Terblanche 24:39; 25. Louise Vorster 24:43; 26. Rika Spang 31:46; 27. Petro Nel 31:46; 28. Magdalena Vorster 33:56.
6km: 1. Adriaan Fourie 23:13; 2. Benita Joubert 26:33; 3. Henrich Muller 27:24.
Denise Lloyd (links) van Seesig Motors saam met die maandelikse pryswenners, Markus en Dian Fourie (pa en seun), Ruben Nel (mees gemotiveerde junior) en Baba Vorster (beste vordering).
Neil Young (middel), besgeklede man, saam met Gerda Young en Johan Viljoen (voorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'