Gallery
TUINROETE NUUS - Vroegoggend op Saterdag, 16 Maart was die opwinding in die lug bykans tasbaar soos ongeveer 750-atlete hulle pad gebaan het na De Kleine Loerie in Klipheuwel in Klein-Brakrivier.
Die Loerie-span droom reeds vir jare daarvan om so ‘n wedloop aan te bied en in 2024 is hierdie droom uiteindelik verwesenlik.
FOTOGALERY: De Kleine Loerie Pie Run
Om die eerste Pie Run ‘n reusesukses te maak, het De Kleine Loerie vanjaar hande met die Nedbank Running Club gevat
Die De Kleine Loerie-span het van vroeg af reggestaan met heerlike koffie en vars gebak om die deelnemers en hul gesinne te vermaak en te voed, terwyl die Nedbankspan die finale inskrywings hanteer het om te verseker dat almal wat wou, reg was om deel te neem.
Om 07:00 was die eerste groepe op die pad, met atlete wat rekordtye gehardloop het. Soos elke deelnemer klaargemaak het, het hulle ‘n eetbare medalje gekry - handgemaak deur die kranige Loerie-spanne.
Beide De Kleine Loerie en Nedbank is ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat ingeskryf en die dag ondersteun het, asook vir elke individu wat hulle hande en voete beskikbaar gestel het om die dag so ‘n sukses te maak.
Maak seker julle hou die kalender dop vir volgende jaar se Pie Run. Jy wil dit nie misloop nie!
Beide De Kleine Loerie en Nedbank is ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat ingeskryf en die dag ondersteun het, asook vir elke individu wat hulle hande en voete beskikbaar gestel het om die dag so ‘n sukses te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’