MOSSELBAAI NUUS - Curro Castle in samewerking met Playball, het hulle baie geslaagde jaarlikse atletiekbyeenkoms aangebied. Babbelbekkies het as gaste ook die byeenkoms bygewoon en al die leerders is blootgestel aan gewigstoot, spiesgooi, verspring, naellope en hekkies.
Aan ouer ondersteuning was daar geen tekort nie en op die manier wat die toekomstige atlete met passie aan die items deelgeneem het kan daar dalk Olimpiese sterre opgelewer word.
Die ondersteuning van die Mosselbaai Mall het die geleentheid help moontlik maak.
Aan ondersteuning was daar geen skaarste tydens die byeenkoms nie.
Die konsentrasie en determinasie was duidelik op die gesiggie van Babbelbekkies-atleet Leroux Brandt tydens die hekkie-item.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'