MOSSELBAAI NUUS - Ricardi Matthee (16), 'n graad 11-leerder van Hoërskool Curro Mosselbaai, het 26 Februarie aan die Winelands internasionale atletiekbyeenkoms op Stellenbosch deelgeneem.
Hy moes as 'n junior in die 100m, 200m en verspring deelneem vir Suid-Afrika teen Namibië en ander Afrika-lande saam met die senior paralimpiese atlete.
Ricardi vaar baie goed en dring deur na die finaal in die 100m, waar hy 'n brons medalje wen. Hy wen ook die goue medalje in die 200m en verspring. Ricardi het sy beste tye opgestel die jaar en ook nie amptelik die SA T12 o/17 rekords in die 100m en 200m verbeter.
Vanaf 18 Maart neem Ricardi deel aan die nasionale kampioenskap in atletiek en judo in Germiston, dan ook vanaf 24 Maart in Fochville aan die Suid-Afrikaanse kragoptelkampioenskap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'