OUDTSHOORN NUUS - Plaaslike Crossfit-atlete het die afgelope naweek goed presteer tydens die Dust4Glory-hinderniswedloop op Oudtshoorn.
Nadia Breytenbach van Hartenbos het die eerste plek verower in die medium hinderniswedloop oor 6km met 10 hindernisse. Sy voltooi dit in 'n tyd van 55:49. Nadia is 'n inspirasie vir baie vroue wat hierdie sport asook crossfit met oorgawe aanpak - niks kry haar onder nie.
Jaco de Jager ook van Hartenbos het die tweede plek verower in die Pro Challenge vir mans oor 'n afstand van 10km met 20 hindernisse in 'n tyd van 1:11:48.
Jaco het al aan verskeie Warrior en Impi Challenges deelgeneem en ook 'n crossfit-atleet.
Bart Pullenger van Hartenbos het ook aan die Pro vir mans deelgeneem en in die top 10 geëindig.
Nadia Breytenbach en Jaco de Jager.
Jaco de Jager (tweede van links) op die podium saam die die organiseerder van die event Pienaar Muller.
Ernest Viviers saam met Pienaar Muller.
Nadia Breytenbach op die podium saam met die organiseerder van die event Pienaar Muller.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'