Gallery
TUINROETE ATLETIEKNUUS - Eden-driekamp het sy laaste driekampbyeenkoms van die seisoen op Groot-Brakrivier aangebied voordat die dubbelkampseisoen oor die herfs en winter sal afskop.
Daar is oor drie afstande meegeding en weereens het daar, behalwe vir die ou bekendes, heelwat nuwelinge van oor die Suid-Kaap tot sover as Struisbaai kom deelneem.
Fotogalery: Driekampbyeenkoms op Groot-Brakrivier
Die volledige podiumuitslae was as volg:
Standaard (Olimpiese) afstand (1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans:
- Tim Toovey (2:16:29).
- Rico Groenewald (2::28:50).
- Malan du Preez (2:42:50).
Vroue:
- Tina van Wyk (2:36:20).
- Lelane van der Merwe (2:58:27).
Spankompetisie:
- Awie's Team (2:35:08).
Naelren ("sprint") (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
- Christian Hattingh (1:03:50).
- Siemon Joubert (1:03:54).
- Le Roux Lindeque (1:17:56).
Vroue:
- Teresa Bester (1:22:40).
- Helena Ferreira (1:33:46).
- Nicola Schreuder (1:36:00).
Foto: Verskaf
Spankompetisie:
- Farmadillos (1:14:57).
- Team England RSA Wales (1:29:45).
Super naelren ("super sprint") (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans/Seuns:
- Joffrey Pienaar (0:52:07).
- Gerbrandt van der Merwe (0:52:57).
- Dylan Raw (0:54:22).
Vroue/dogters:
- Antionette du Preez (0:56:25).
- Annalize Visser (0:56:42).
- Sunet Liebenberg (0:56:44).
Spankompetisie:
- Zietsman Team (0:56:41).
Eden-driekamp kan met trots terugkyk op 'n baie suksesvolle seisoen met atlete wat nasionaal en selfs internasionaal gepresteer het. Só het die jong Kwagga, Christian Hattingh, onlangs as deel van 'n SA Elitespan in Zimbabwe deelgeneem en 'n vyfde plek by die Afrikabeker-naelrenkampioenskappe (16-19 jaar) behaal.
Daarbenewens het groot ontwikkeling plaasgevind met heelwat nuwelinge wat hierdie vinnig groeiende Olimpiese sport vir die eerste keer kom aandurf het.
Verder is verskeie byeenkomste vir kinders onder 12 aangebied, met steeds groeiende getalle entoesiastiese jong kinders van so jonk as vier jaar wat gereeld deelneem.
Die volgende reeks byeenkomste sal in April begin en uit 'n reeks dubbelkampe bestaan. Die datums daarvan sal binnekort bekendgemaak word.
Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook-blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'