Gallery
TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Die ASWD-Nedbankhardloopklub het op Saterdag, 27 April byeengekom om weer hul hardloopvernuf onder die gemeenskap te wys.
Deelnemers het 'n 12km-roete as deel van die Vryheidsdag virtuele-padwedloop aangepak.
Natuurlik is daar nie van die deelnemers verwag om die opdraande op pad na die wegspring self aan te pak nie, maar is hulle daarheen geneem danksy Sammie Breet wat as vrywilliger weer eens vroegoggend opgestaan het om die atlete te vervoer. MediCube was ook weer eens op hul pos as noodhulp langs die pad.
Fotogalery: Vryheidsdag virtuele padwedloop
As deel van Vryheidsdag het almal hul deel bygedrae en het vrywilligers met hul motors langs die roete met water en allerhande lekker drinkgoed gestaan om die atlete se dors te les terwyl daar ook heerlike gratis doughnuts was wat deelnemers na afloop van die wedloop kon geniet.
"Dankie vir die borge van die eet- en drinkgoed."
Die organiseerders van hierdie dag was Danie Raubenheimer en Alta Zeelie.
Hulle het die pragtige medaljes laat maak wat aan die voltooiers van die wedloop oorhandig is. En omdat hardloop so lekker is, beplan Nedbank ASWD die Avis Van Rental Run 2 Raise Virtual Charity Challange wat Saterdag, 1 Mei plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'