MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park het op Vrydag, 11 Oktober, die Beste Groot Laerskool-toekenning by die Kwagga Top 10-atletiekbyeenkoms verower.
Die byeenkoms was by Hoërskool Outeniqua in George gehou.
Uitslae
- Jordan Sydon: 1ste plek 100m, 2de plek 75m hekkies en 3de plek 150m
- Cruden Briesies: 2de plek 80m en 3de plek 100m
- Lian Roos: 1ste plek hoogspring
- Miguel Prins: 1ste plek hoogspring, 2de plekke 150m en 100m
- Miané Schutte: 2de plekke 75m hekkies en gewigstoot en 3de plek hoogspring
- Miane Hutton: 3de plek spiesgooi
- Anshe de Jager: 1ste plek diskus
- Juann Muller: 1ste plek diskus en 2de plek gewigstoot
- Luan Augustyn: 1ste plek 800m (rekord)
- Tristan Meyer: 1ste plek 1 500m
- Etienne Gouws: 1ste plek diskus
- Mia Rossouw: 1ste plek hoogspring (rekord)
- Mila Smit: 2de plek diskus en 3de plek gewigstoot.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’