MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park het aan die aanlyn Radikale Redenaars-kompetisie, wat oor ‘n tydperk plaasgevind het, deelgeneem en uitstekend gevaar.
In die onderskeie groepe was daar 12 A-plusse en 11A’s.
Parkies presteer in proewe
Charlin Kannemeyer (11) van Laerskool Park het aan die Eden/Sentraal Karoo-netbalproewe, wat op Saterdag 10 Mei in Oudtshoorn gehou is, deelgeneem en is in die o. 11-Eden-netbalspan ingesluit.
Mila Smit (13) het ook aan die proewe deelgeneem en dring na die o. 13- Wes-Kaapse netbalproewe deur.
Vier Park-rugbyspelers dring na die finale ronde van die Suid-Westelike distriksproewe deur op 24 Mei op Worcester.
Die tweede ronde proewe het op 10 Mei in George plaasgevind.
Charlin Kannemeyer
Mila Smit
Die rugbyspelers wat gekies is, is Leolin Mondu, Jordan Sydon, Etienne Gouws en Miguel Prins.
Koorleiers gekies
Die volgende Laerskool Park-leerders is aangewys as die skool se koorleiers. Agter: Allegra Kuhn-Swanich, Mila Smit, Isabaeu Coetsee (hoofkoorleier), André Joubert (hoofkoorleier), Gisele Olivier en Christian Bartie. Voor: Chloé du Plessis, Lené van Heerden, Milize Ludik en Nina Marais.
Con Spirito-skryfkompetisie
Elchen Fourie en Ingrid Keyser van Laerskool Park het aan die Con Spirito-skryfkompetisie hierdie jaar deelgeneem. Con Spirito is ’n unieke kultuurvereniging wat in 2003 gestig is. Elchen het 88% behaal en Ingrid 93%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’