MOSSELBAAI NUUS - Vandag, 15 Januarie, was die gange van Laerskool Park gevul met opgewondenheid, nuwe gesiggies en blink skooltassies toe dié skool se graad 1-leerders amptelik hul skoolloopbaan begin.
Hierdie jaar is ekstra spesiaal, want tussen die nuwe leerders is daar ook drie stelle tweelinge wat saam die groot avontuur aanpak.
Elke nuwe leerder bring sy of haar unieke energie en potensiaal na hierdie skoolgemeenskap.
Laerskool Park glo daaraan om 'n omgewing te skep waar elke kind kan groei, ontdek en hul volle potensiaal kan bereik.
Die skool wens al hul graad 1-leerders en hul gesinne ’n wonderlike en suksesvolle skooljaar toe.
Daar is nog foto's onder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’