MOSSELBAAI NUUS - Dawid Kamfer, munisipale raadslid is verlede naweek tydens 'n kongres van Independent Civic Organisation of South Africa (ICOSA) op Ceres herkies tot provinsiale leier van die party.
Nog twee Mosselbaaiers, Bronwick Benjamin and Edward Botla, is ook tot die bestuur verkies. Die kongres is deur 300 afgevaardigdes bygewoon.
Kamfer het by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat dit duidelik geblyk het tydens die kongres, dat veral inwoners van landelike gebiede wat onder die kieserskorps van die party is, steeds onder armoede gebuk gaan.
"Die beëindiging van ons swaarkry lê in ons eie hande. Ons moenie stem vir ander partye wat niks vir ons beteken nie. ICOSA wil en sal die stem van die stemloses wees, soos hulle die laaste 20 jaar was."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'