Update
KAROO NUUS - Die hofsaak waarin die leierskapstwis binne die Icosa-party, tussen Dawid Kamfer en Jeffrey Donson vandag, 8 Desember, in die Kaapse hoogeregshof sou plaasvind, is uitgestel.
Kamfer se regsverteenwoordiger, Stephen Kleynhans, het gevra vir meer tyd omdat die dokumente in die saak "baie lywig en gedetailleerd is om in 'n kort tyd te bestudeer".
Jerald Andrews, prokureur vir Donson, het bevestig dat die partye ooreengekom het vir 'n latere hofdatum in Maart/April 2024.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo-nuus'