Dít is die versoek van Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, Raadsheer Harry Levendal. Burgemeester Levendal sal die optog lei.
Die optog vertrek om 08:30 van die munisipale kantore tot by die Punt. Die gassprekers is Burgemeester Levendal en Vader Peter Rhodes van die Nativity Anglican Church.
Die optog sal in Marshstraat af beweeg tot by Point Village Hotel waar die toesprake sal plaasvind.
Vir persone wat nie oor vervoer na die munisipale kantore beskik nie, word vervoer beskikbaar gestel en die optelpunte is agter die KwaNonqaba Mall (Shoprite) en in D’Almeida by die Civic.