NASIONALE NUUS - ‘n Inwoner van ‘n kleinhoewe op Deneysville is Saterdagaand 3 Maart deur ‘n inbreker in haar huis oorval, erg aangerand en verkrag.
Dit is weereens ‘n bewys dat ons deesdae nie eens meer in ons eie huise veilig is nie. S
tatistiek toon ook dat aanrandings en verkragtings daagliks toeneem.
Me. Hester Hooper (58), wat sê sy gaan dit nie wegsteek dat sy verkrag is nie, was die betrokke aand alleen tuis toe sy omstreeks 21:45 iets buite hoor. Sy het die buitelig aangesit en iemand buite sien loop. Sy het die polisie probeer kontak, maar het die verkeerde nommer geskakel omdat die 10111 nommer glo intussen verander het.
Die inbreker het ‘n baksteen deur die venster gegooi, deurgeklim en haar begin aanrand. Hy het haar daarna ook verkrag. Hester was erg getraumatiseer en is na die voorval deur familie en vriende bygestaan.
Die polisie se forensiese eenheid het die perseel gefynkam en bewyse ingesamel.