Dit volg nadat die leeu gister weer uit die park uitgebreek het.
“Ons sal ongelukkig die leeu van kant moet maak,” het Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke vanmiddag gesê.
“Hy het gister nog beeste gevang en ons weet nie hoe hy gaan reageer as hy ‘n mens teekom nie. Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap om hulle te beskerm voordat ’n mens se lewe op die spel is.”
Die jong leeumannetjie het verlede jaar opslae gemaak toe hy uit die park ontsnap het deur onderdeur ’n geëlektriseerde heining te kruip – presies wat hy dié keer ook gedoen het.