Dít is egter die ergste moontlike wat kan gebeur, volgens ’n ontleding deur die ekonoom dr. Cees Bruggemans.
Die rand het Woensdag ’n 14-jaar-laagtepunt gehaal toe dit in die namiddag teen R12,82 teenoor die dollar verhandel het.
Die rand het Woensdag verswak nadat ’n amptenaar van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) gesê het rentekoerse sal in September verhoog word tensy daar ’n merkbare verswakking in die Amerikaanse ekonomie is dié maand, berig Reuters.
Daarby is plaaslike ekonomiese aanwysers uitgereik wat dui op diepliggende probleme in die ekonomie.