Joe Magagula is ná die ongeluk in die hospitaal dood en die kinders, Lwazi (10), Lethu (7) en Minenhle (5) Nkosi, is op die ongelukstoneel dood.
Hulle was hul ouers se enigste kinders. Magagula se eie tienjarige seun, wat ook in die ongeluk was, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
Magagula het Vrydag 16:30 sy splinternuwe Golf 7 by ’n motorhandelaar gaan haal. Die aand het hy, sy vrou en hul seun, wie se name nie bekend is nie, in die dorp gaan rondry.