Pieterse het benadruk dat die besluit nie net diere se gesondheid nie, maar ook die gemeenskappe s’n sal raak. Armer gemeenskappe sal op verskeie vlakke die hardste getref word.
“DBV’s help hierdie gemeenskappe baie met werksdiere soos donkies en perde. As daar nie na hulle omgesien word nie, gaan inkomste verlore,” sê Pieterse.