OUDTSHOORN NUUS - ‘n Gesamentlike operasie tussen die polisie, die kubermisdaadeenheid, misdaadintellegensie, die Valke en die department van vervoer het gelei tot die arrestasie van nege persone in verband met bedrog.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Operasie Vura reeds in Julie verlede jaar begin.
Van die verdagtes, tussen die ouderdomme van 34 en 61 jaar oud, is werksaam by die munisipale verkeersdepartement. Een van die verdagtes is die eienaar van ‘n plaaslike bestuurskool en van sy werknemers is ook in hegtenis geneem.
Die verdagtes is steeds in aanhouding en sal Maandag in die hof verskyn.
Die Mercedes-vragmotor wat gekonfiskeer is.
Volgens Pojie sal borgtog defnitief teengestaan word.
Die klagtes teen die verdagtes is verbreking van die padverkeerswet, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die verdagtes se name mag nie bekendgemaak word voor hulle nie in die hof verskyn het nie.
Lees meer op susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'