Wanneer ál 9 dorpe (een uit elke provinsie) op Kwêla gewys is, sal die publiek van 20:30 op 24 Mei tot 12:00 op 30 Mei vir die wendorp van hul keuse kan stem.
Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.