NASIONALE NUUS - Bekende fisioterapeut en oud-Volksie, Marolien Schmidt, se moordenaar het op 11 Oktober skuld erken in die Gqeberha- hooggeregshof.
Die 32-jarige Simxolele Zitshu het in detail die gebeure van 9 Augustus beskryf wat gelei het tot Schmidt wat herhaaldelik met ‘n mes in haar bors gesteek is voor Zitshu die toneel gevlug het met slegs haar selfoon wat hy later vir ‘n skamele R600 verkoop het.
Zitshu is skuldig bevind aan moord en huisbraak onder verswarende omstandighede met die doel om te roof en is tot lewenslank gevonnis.
Lees meer op susterpublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’