Die linkerbeen van Lynette Savvas (55) van Koos van der Waltstraat is erg deur die honde beseer toe hulle haar op 16 November 2013 naby die huis van C.J.S. Basson van Jac van Rhynstraat aangeval en gebyt het.
Ingevolge ’n ooreenkoms tussen die partye wat ’n bevel van die Vrystaatse hooggeregshof gemaak is, sal Basson ook haar regskoste tot nou betaal.