Jakes Deysel (44) beskryf sy lewe as ’n wonderwerk. “Ek was so te sê amper dood na ’n 9mm pistool in my rug leeggeskiet is.”
Deysel het sy merkwaardige verhaal met Rekord gedeel. Hy is 19 jaar gelede in Johannesburg deur ’n gewapende rower geteiken en in sy rug geskiet.