OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het pas bevestig dat 'n ligte vliegtuig wat laat gistermiddag onderweg na Graaff-Reinet vermis geraak het, naby Oudtshoorn neergestort het.
Vlieëniers van die AMS noodhelikopter het die vliegtuigwrak vanoggend net na 07:00 in heuwels noord van die weermaggronde opgespoor.
Dit is onduidelik hoeveel persone in die ligte privaatvliegtuig was, maar dit blyk dat daar geen oorlewendes is nie.
'n Familielid van die vlieënier is tans by die toneel wat ontoeganklik is vir die publiek en die media.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'