Dit is nie die inhoud van die boodskap wat die mensdom aan die gons gehad het nie, maar sy swak spelling. Die katelknaap adverteer homself aan ouerige ‘vroue’.
Christiaan Schussler, wat moontlik pas die skoolbanke verlaat het, het ’n foto van homself, in ’n Matriekafskeid-pakkie, geplaas.
Die boodskap daarby lees: “Ek artveteer myself vir ouerige vrouens wat nie n partner het vir vinksies nie. Inbox my vir kostes en bookings private sessies kan ook gereel word indien die vrou gewullig is,” (sic).