Inwoners in Capital Park kla oor die oop erf wat nou dig bebos is en glo peste lok.
Loop mens verby die erf, 227 Malherbestraat, kry jy steeds koue rillings met gedagtes wat in jou kop rondmaal oor wat ’n kwart-eeu gelede hier gebeur het.
Sedert 1988, het die gru-verhaal van Capital Park-inwoner Gert van Rooyen die land aangegryp nadat hy verbind is met die ontvoering van ses jong meisies met die hulp van sy houvrou Joey Haarhoff.
Wat werklik gebeur het, bly ’n raaisel nadat Van Rooyen sy eie lewe en dié van Haarhoff met twee kopskote beeïndig het.
Sy huis is destyds gestroop en platgeslaan in ’n poging om ‘n leidrade te bekom oor wat van die vermiste kinders geword het.