Ou, bruin bloed het haar tande en mond bevlek en sy het omsamehangende gehuil-praat oor die pyn wat sy nie meer kan verduur nie.
Dit was die skoktoneel waarop joernaliste en Elma Nel, DA-raadslid van wyk 58, Dinsdag op afgekom het nadat Hettie Roos (69) gekla het oor die behandeling wat sy sedert die Paasnaweek in die staatshospitaal ontvang het.