GEORGE NUUS - Die voormalige direkteur van siviele dienste in George, Harold Basson is die nuwe direkteur van tegniese dienste van Hessequa-munisipaliteit.
Die Hessequa-raad het gister, 13 Desember, eenparig besluit Basson is die regte persoon om die munisipaliteit se infrastruktuur te bestuur en ontwikkel. Hy sal in Januarie by die munisipaliteit begin.
As tegniese hoof van Hessequa is hy aan stuur van sake by siviele- sowel as elektro-tegniesedienste, terwyl dié twee funksies in George geskei is.
In ‘n ironiese kinkel is ‘n vorige direkteur van tegniese dienste in Hessequa, Reggie Wesso, onlangs in Basson se ou pos in George aangestel, nadat Basson einde Mei ‘n aanbod van vervroegde uittrede aanvaar het.
Basson sê die 35 jaar wat hy en sy vrou, Lidia in George gebly het, was van die lekkerste jare van sy lewe. “Ons het baie goeie vriende gemaak en dit is met hartseer waarmee ons George sal verlaat. Dit was 'n voorreg om in so 'n pragtige omgewing te werk en te bly. Ek het George sien groei van 'n kleinerige dorp na die kleinerige stad wat dit vandag is.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'