Die EFF het by ’n mediakonferensie by Elsenburg aangekondig dat hulle en die kollege se bestuur tot ’n vergelyk gekom het. Die EFF het ingestem dat klasse op die korttermyn afsonderlik 100% in Engels en 100% in Afrikaans aangebied sal word.
Die EFF-leierskap, wat Donderdag by die mediakonferensie teenwoordig was, het die geweld wat sporadies tydens die betogings voorgekom het, veroordeel en dit as betreurenswaardig bestempel.