“Een van sy onderwysers het my die oggend gebel en gesê dat ’n ander seun hom met ’n hamer op sy oogbank geslaan het,” sê sy ma Jacoline Viljoen.
Die skoolhoof het glo die slagoffer se ouers aangeraai om ’n saak by die polisie oop te maak.
“Pretoria-Wes-polisiestasie is die naaste aan sy skool. Toe ons daar aankom en sê ons wil ’n saak van aanranding oopmaak, toe kom ’n speurder uit sy kantoor wat redelik onbeskof was,” vertel Jacoline.
“Ons was aangesê om te wag tot iemand ons help. Die maatskaplike werker het ons na ’n kantoor geneem en gevra hoe oud die ander kind is. Toe ons sê hy is 16 het sy gesê hulle gaan nie ’n saak oopmaak nie, want die ander kind is minderjarig.”