’n Vriendin van die gesin, Marie Barnard, wat ook saam toegesluit was, het Bruno Res (73) kalm probeer hou en sy wonde versorg.
Bruno was in ’n beswyming van die pyn. Hy is in die plaasaanval Vrydagaand aangerand en in die arm geskiet.
Sy vrou, Petro (60), is in die kop geskiet.
Wendy van Wyk, ’n buurvrou, sê vyf mans het buite die huis geskuil en Petro oorval toe sy en Barnard omstreeks 18:00 by die plaashuis aankom.
’n Rower met ’n pistool het haar na die instapkluis in die hoofslaapkamer gevat en wou juwele en wapens hê.