Wilna van der Berg (46) se toestand het nog nie begin verbeter nie, sê haar suster Maxe Maartens.
“Hoewel sy vanoggend haar suurstofmasker kon afhaal en met ons praat, gaan haar longe agteruit. Dis asof haar longe net nie wil saam werk nie en sy benodig steeds ‘n asemhalingmasjien,” sê Maartens.
“Die gif het haar longe die ergste aangetas, maar het ook probleme met haar maag en buik veroorsaak.”
Maartens sê hierdie is ‘n moeilike tyd vir die familie.
“Ons probeer maar almal sterk staan, maar dit is moeilik. Dit is ongelooflik om te dink dat so jong vrou se gesondheid so skielik kan agteruitgaan.”
Die probleme het op 13 April begin, twee dae nadat Van der Berg by die MediClinic in Midstream opgeneem is.