Intussen is sommige universiteitseksamens afgelê met polisielede wat buite die eksamenlokale wag gestaan het.
Altesaam drie voertuie is laatmiddag aan die brand gesteek toe honderde betogers die strate om die Universiteit Stellenbosch (US) ingevaar het.
Dié groep, wat hom vir transformasie beywer, het Dinsdag ’n voorgestelde “alternatiewe taalbeleid” vir die US bekend gemaak. Die voorstelle is aan prof. Eugene Cloete, viserektor vir navorsing en innovasie, op die trappe van die Admin B-gebou oorhandig.