Konst. Tiaan Kotzé (38) van die Durban-Sentraal-blitspatrollie se soek-en-reddingseenheid staan in die hooggeregshof in Johannesburg tereg op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding.
Die saak sloer al jare, onder meer glo omdat die dossier by meer as een geleentheid “weggeraak” het.