“Die leeumannetjie is Sondagaand sowat 35km vanaf Frazerburg in die rigting van Williston opgemerk,” het Fay Ludick, Sanparke se woordvoerder in Addo vanoggend gesê.
“Hy beweeg rond in die gebied: hy is Saterdagaand sowat 45km vanaf Frazerburg opgemerk nadat hy vroeër ook in die Sutherlandgebied opgemerk is.” ‘n Leeu kan tot 40km per dag aflê.
Volgens Ludick is ‘n span van die park se veldwagters en San-spoorsnyers steeds op die leeu se spoor. “Hulle sien hom, maar die veearts kan net nie naby genoeg kom om hom te verdoof sodat hy na die park teruggebring kan word nie.”