OUDTSHOORN NUUS - Martin Mans, bekende Nederlandse orrelis, besoek Oudtshoorn as deel van sy huidige toer van Suid-Afrika.
Hy speel verskeie gewilde orrelwerke, aangevul deur werke wat hy self gekomponeer het.
Mans toer tans deur Suid-Afrika vir die bekendstelling van sy nuutste CD, Plea for Africa.
Sy uitvoering, Martin Mans: 40 jaar orrelis, vind Saterdag, 21 Oktober om 18:00 in die NGK Park op Oudtshoorn plaas.
Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Kunste Onbeperk (Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217), by PNA in Oudtshoorn se Queen’s Mall of by die deur.
Vir meer inligting, kontak 044 203 8600 of stuur 'n e-pos na info@kunste.org.za.
Mans het op die ouderdom van sewe begin om orrel te speel en op 14 wen hy verskeie jeugbyeenkomste.
Hy is veral bekend vir sy eie improvisasies en was al betrokke by meer as 400 CD-opnames.
Hy is ook begeleier van verskeie kore en ensembles.
Mans tree jaarliks in ongeveer 175 konserte op, beide in Nederland en in ander lande soos Suid-Afrika, Kanada, Amerika en Australië.
Sy program, vir hierdie uitvoering sluit in:
Improvisasies
- Koraalvoorspel Psalm 68
- Fantasie: ’n Vaste Burg is onse God
- Tussen jou en my (opgedra aan my seun, Jos)
- Fantasie: Op berge en in dale
Literatuur
- Air & Badinerie – J.S. Bach
- Nimrod uit Enigma – E. Elgar
- Toccata Suite Gotique – L. Boëlmann
Orrelmusiek vir Suid-Afrika
- Allegretto: Sarie Marais – M. Mans
- Plea for Africa – M. Mans
- Voortrekkersimfonie – M. Mans
Literatuur en transkripsies
- Cathedral Suite: Allemande, Air, Rigaudon en Toccata – G. Young
- Lied voor de Vox Humana – C. Pameijer
- Music – J. Miles
Improvisasies
- Fantasie: Ek wandel in die lig met Jesus
- Aria: My Jesus, I love Thee
- Variasies op Amazing Grace
ARTIKEL: KUNSTE ONBEPERK
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'