“Daar is aanvanklik gedink dat daar ‘n gewapende roof was,” het kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD gesê.
Lede van die EMPD se Berede Eenheid het gereageer op die klagte en kon daarin slaag om die man uit die dak van die sekuriteitskantoor te haal.
Die lede het verskeie ander, vermoedelik gesteelde goedere, in die man se voertuig gevind.
Die waarde van die goedere word op sowat R15 500 geraam.