GRAAFF-REINET NUUS -Dit is met 'n mengelmoes van emosies dat ek aankondig dat hierdie einste koerant van 27 Februarie 2025 wat jy nou in jou hande vashou, die heel laaste papieruitgawe van Graaff-Reinet Advertiser sal wees.
Maar, hier is die goeie nuus: dit is geensins die einde van die Advertiser se paadjie nie!
Dié 165-jaar-oue publikasie sal in die kuberruim bly voortleef by www.graaffreinetadvertiser.com, asook op verskeie sosiale media platforms.
Die werklikheid is dat die manier waarop nuus deesdae verbruik word, verander het, en dat meeste lesers nou hul nuus op hul fone kry en ook video's en klank vereis.
Daarom moet ons, die media, noodgedwonge aanpas by ons lesers se behoeftes.
Lees meer by www.graaffreinetadvertiser.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’