MURRAYSBURG NUUS - Die enigste slaghuis op Murraysburg is Sondagmiddag afgebrand, nadat die eienaar, Pieter Retief (78 jaar) met staaldraad vasgemaak en doodgeslaan is.
Sy eggenote, Crystal, is ook vir twee ure vasgemaak, voordat sy haarself kon bevry en ontsnap.
Daar word op die stadium vermoed dat die egpaar oorrompel is toe hulle buite die besigheid was, volgens Peet de Klerk, inwoner en vriend van die Retiefs.
Na die brandstigting het een van die verdagtes ook binne die aangrensende woonhuis doodgebrand.
Die seun van hierdie verdagte, wat vermoedelik ook medepligtig was, is in hegtenis geneem, terwyl drie ander medepligtiges nog op vrye voet was teen Sondagaand.
Lees meer by www.graaffreinetadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’