Sy is om ongeveer halfeen Dinsdagoggend in hulle vakansiehuis in Boggomsbaai deur twee gewapende mans oorval en beroof. Sy was alleen in die huis.
Sy vertel dat sy nie weet hoe sy kalm gebly het nie. Die twee rowers het eers haar handsak leeggemaak en aangedring dat sy hulle wys waar die kluis en wapens is. Nadat hulle oortuig was dat daar nie 'n kluis is nie het hulle haar steeds met die mes teen haar keel en die vuurwapen teen haar kop, gedwing om die PIN's van die bankkaarte wat in haar handsak was te gee.