So het Gerrit se pa, Fanie Venter, Dinsdag gesê nadat die nadoodse ondersoek afgehandel en die uitslag bekend gemaak is.
Die ouerpaar, Fanie en Clarissa, van East Lynne, het verlede Woensdag hulle laatlam (wat nog nie eens drie maande oud was nie) uit die Volle Evangelie Kerk in Gezina begrawe nadat hy in die sorg van ‘n dagmoeder gesterf het.
Wiegiedood is die term wat gebruik word wanneer babas skielik ophou asemhaal en dan weens ’n suurstoftekort sterf. Dit kom blykbaar dikwels onder seuns tussen die ouderdom van twee en vier maande voor.