Die nuwe Ford Focus ST, sowel as die spoggerige Ford Fiesta Ecoboost is bekendgestel en lede van die publiek kon, saam met Vaatjie, hierdie voertuie vir 'n toetsrit neem.
Die kleinspan is ook betrek en hulle moes prentjies van die nuwe Ford teken. Alhoewel elke deelnemer 'n wenner in sy/haar eie reg was, is Laerskool Park aangewys as die wenskool, met 'n lekker R1 000 kontantprys.
Die Fiesta 1.0 Ecoboost is beslis 'n voertuig wat die koppe laat draai. Ekonomiese brandstofverbruik is die EcoBoost se wagwoord. Die Ecoboost enjin waarborg tot 20% beter brandstofverbruik sonder om die voertuig se prestasie in te kort. Die EcoBoost enjin, wat spog met 'n 'International Engine of the Year' toekenning, gebruik slegs 4.3 liter petrol per 100km.
Hierdie drie-silinder voertuig stoot 92kW krag uit en sit 'n hele paar mededingers met baie groter enjins, ore aan.
Die voertuig kom standaard met, onder andere, Bluetooth en 'n MP3 konneksie.
Die nuwe sportiewe ses-rat Ford ST spog met 'n twee-liter EcoBoost enjin met uitstekende petrolverbruik. Sy unieke kombinasie van uitsonderlike voertuigprestasie, hanteerbaarheid en styl is presies wat 'n sportmotor entoesias wil hê.
Die binnekant van die voertuig lyk en voel soos die stuurkajuit van 'n renmotor, met genoeg knoppies en liggies om jou soos 'n wafferse renjaer te laat voel!
Om 'n toetsrit te bespreek, kontak Tiaan of Jannie by 044 690 7133. Mosselbaai Ford & Mazda is geleë in die Bayview Sentrum, op die hoek van Louis Fourie en Marshstraat (onderkant die Spar).
.jpg)
Die nuwe sportiewe Ford ST spog met 'n twee-liter EcoBoost enjin. Foto: Anton Gericke.