MOSSELBAAI NUUS - Motorsportentoesiaste, veral die wat boonop van moderne tegnologie hou, kan Vrydag 28 September tussen 09:00 en 15:00 by die Langeberg Mall hulle verkyk aan die sonkragmotors wat aan die tiende jaarlikse Sasol Solar Challenge deelneem.
Die wedren, wat elke twee jaar plaasvind, het op 25 September by die Gariepdam weggespring en onderweg onder meer Graaf Reinet en Port Elizabeth aangedoen. Vrydagoggend vertrek die groep vanaf Sedgefield en sal Mosselbaai aandoen voordat hulle die aand op Swellendam oornag.
Die spanne ding mee om die grootste afstand te dek en volg elke dag 'n vaste roete. Op verskeie geleenthede, soos by die Langeberg Mall sal addisionele loops voltooi word om afstande sover moontlik te verbeter.
Dit uitstekende ingenieurswese, goeie bestuurdervernuf en 'n span wat die energie, die weer en die roetes goed bestuur om 'n sukses van die wedren te maak. Na verwagting sal die spanne gekombineerd meer as 30 000 km aflê met slegs sonkrag as aandrywing.
Sover het die deelnemers ook gure weer moes trotseer en is die spanne, wat van sonlig afhanklik is vir die prestasie van hul voertuie, se vernuf behoorlik getoets.
Die motors spring Vrydagoggend om 07:30 in Sedgefield weg en die voorlopers word vanaf 09:00 op Mosselbaai verwag.
By die Langeberg Mall sal besoekers kan hê om die spanne in aksie te sien. Die wedren voltrek op Stellenbosch op Saterdag, 29 September.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'