Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - Motorsport-entoesiaste was vandag in vervoering met die tweedag-motorsport vermaak op die De Bakke parkeerterrein.
Dié opwinding het vanoggend afgeskop met ongeveer 170 deelnemers, as deel van die Mosselbaai sport- en rekreasiefees.
Deelnemers en ondersteuners het reeds van Vrydag af by die terrein saamgetrek om te braai en kamp. ‘n Feestelike atmosfeer heers by die terrein met brullende motors, wat tot môre, Sondag 30 September laat die toeskouers sal vermaak.
Elaine van der Toorn Grey Stopforth het die motorsport aksie op kamera vasgelê.
Kyk twee video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'