Video
MOTORNUUS EN VIDEO - Die Snyman-familie van Denneoord het deesdae vet pret met 'n klein Land Rovertjie wat Billy Snyman vir sy kinders gebou het.
Die karretjie is 'n replika van 'n reeks twee 88-duim kortgat Land Rover en beskik oor 'n 6,5hp grassnyer-enjin wat met petrol aangedryf word.
Billy het die projek sowat 5-jaar gelede aangepak, maar dit vir 'n wyle eers laat staan. Vanjaar het hy besluit dit is tyd dat dié Land Rover klaarkom.
Die karretjie kan 35km/h haal en het genoeg ruimte vir twee kinders op die voorste sitplekke, en twee agter. "Ons drie seuns en hul nefies geniet hulle gate uit met die nuwe speelding," het Chantelle Snyman gesê. "Nou het ons kinders hul eie wiele!"
Mamma wens seker net hulle kon self skool toe en terug ry!
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'